Bobaas Case IH Patriot-spuite
Namate landboutegnologie teen ’n vinnige pas ontwikkel, word daar voortdurend gestreef na verhoogde doeltreffendheid. Dit geld ook spuittoerusting en -tegnologie.
Waar spuite vroeër jare as ’n nisproduk beskou is, vorm dit deesdae deel van noodsaaklike plaastoerusting vir doeltreffende gewasproduksie.
Daar is baie verwagtinge en faktore wat ’n rol speel wanneer jy op ‘n spuit moet besluit. ’n Spuit met voortreflike toepassingsgehalte is nodig om die meeste voordeel uit die venstertydperk vir bespuiting te trek. Dit moet ’n egalige, akkurate toediening oor elke stukkie grond verseker, en moet seisoen op seisoen moeitevry en betroubaar werk. Ongeag die model wat die boer kies, sal hy in die Patriot-reeks spuite ’n hoogs doeltreffende spuitpakket vind wat perfek by die boerdery pas.

PATRIOT 3230-SPUIT
Hoewel die 3230 met sy tenk van 3 028 liter spuit nie die grootste spuit in die Patriot-reeks is nie, bied dit dieselfde doeltreffende en akkurate werkverrigting as ’n groter Patriot-spuit.
Die Patriot 3230 het ’n spuitbalk van 30 m en is toegerus met drie outomatiese hoogtebeheersensors wat sy grondhoogte van 48 cm na 2,1 m kan verander.
Sy wielspasiëring kan hidroulies vanuit die kajuit gestel word – van 3,05 m tot 3,99 m – met 2,5 cm-intervalle wat meganies gestel word aan die onderkant van die spuit.
Met sy 220 perdekrag/164 kilowatt-dieselenjin staan hy nie terug vir sy groter broers nie. Die spuit se ligte gewig en gebalanseerde gewigsverspreiding is ’n voordeel wanneer op moeilike terreine gewerk moet word sonder om gewasse te beskadig of ongewensde spore te los.
Die spuit het ook die AIM Command-stelsel wat konstante drukking verseker ongeag die spoed wat gery word. Dit hou die druppelgrootte reg oor die balk eweredig en sodoende word die chemikalieë reëlmatig en geleidelik oor die gewasse versprei.
PATRIOT 4430-SPUIT
Die ouboet van die Patriot-reeks is die Patriot 4430 met ’n 4 542 liter-tenk. Met sy 325 perdekrag/243 kilowatt-enjin van 8,7 liter het hy meer as genoeg krag om heuwels uit te klim en nat terreine te bemeester.
Die 4430 het ’n spuitbalk van 36 m en vyf outomatiese hoogtebeheersensors. Wielspasiëring is ook outomaties verstelbaar vanuit die kajuit, met 2,5 cm-intervalle. Die hoogtebeheersensors sorg vir akkurate benatting ongeag die terrein waarop beweeg word. Net soos die Patriot 3230, is die Patriot 4430-spuit ook met ’n AIM Command-stelsel toegerus. Dié baanbrekertegnologie verseker akkurate en konsekwente spuit van chemikalieë om die voortdurende stryd teen onkruid en plae te wen.

Daarby dra die luukse kajuituitleg, gegrond op die Steiger-trekker se kajuit, by tot uitnemende operateursgerief. Uitgestrekte voorruite en ’n eksklusiewe draai-sitplek bied ’n onbelemmerde uitsig reg rondom die spuit. Die binneruim van 3,7 m³ is ontwerp om ’n veilige, geraasvrye omgewing vir die bestuurder te verseker, asook meer werkruimte en beter sigbaarheid tydens lang ure op die land.
Case IH se Patriot-selfloperspuite is toegerus met die beste tegnologie om spesifiek in die behoeftes van die Suid-Afrikaanse boer en sy boerdery te voorsien.
***
Case IH is beroepslui se eerste keuse, met meer as 175 jaar erfenis en ervaring in die landboubedryf. ‘n Kragtige reeks trekkers, stropers en balers wat ondersteun word deur ‘n wêreldwye netwerk van hoogs professionele handelaars wat oorgehaal is om die beste ondersteuning en prestasie-oplossings aan ons klante te bied wat in die 21ste eeu nodig is om produktief en effektief te wees. Meer inligting oor Case IH-produkte en -dienste kan aanlyn gevind word by www.caseih.com.
Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York Effektebeurs genoteer is (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI). Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.
***
Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Sosiale Media en Bemarking
CNH Industrial Agriculture & Construction SA
chimene.devilliers@cnhind.com