Magnum™ AFS Connect™ ‘brul’ by Cairo Group-boeredag
Case IH het die sewende generasie van sy vlagskip konvensionele trekker, die nuwe Magnum™ AFS Connect™ 400, onlangs aan boere in Koppies in die Vrystaat ten toon gestel tydens die Cairo Group-boeredag op die plaas van Jaap van der Westhuizen, ‘n trotse Case IH-handelaar en boer.
Dit kom drie dekades nadat die eerste Magnum-trekker aan boere onthul is, met meer as 150 000 Magnum-trekkers wat sedertdien op plase regoor die wêreld begin werk het.
Belangrike opgraderings aan die Magnum™ AFS Connect™-trekkers is binne-in die kajuit en in die trekker self, wat die bestuurder en eienaar help om boerderybedrywighede beter te bestuur met nuwe vlakke van presisie, gemak en konnektiwiteit.
Die nuwe reeks is ontwerp na gelang van wêreldwye kliënteterugvoer en die resultaat is ‘n reeks wat die behoeftes van boere erken. Hoewel dit voldoen aan die vereistes van die innoverende, vooruitdenkende boere wat die potensiaal van nuwe presisie-tegnologie benut, werk dit op ‘n gemaklike manier vir diegene wat minder tegnologies ingestel is.
Die binnekant van die kajuit is hersien, met behoud van bekende Case IH-konsepte, soos pilaarinligtingskerms en sy armleuningkontroles, en die verbeterde uitvoering van hierdie bedieningselemente lig intuïtiewe werking na ‘n hoër vlak.
Alexey Savinov, Case IH se Produkbemarkingsbestuurder vir die Magnum™-reeks in Asië, die Midde-Ooste en Afrika, sê “intuïtiewe werking en gemak van die bestuurder was ‘n noodsaaklikheid vir die ontwerp van die nuwe trekkerreeks”.
“Die vooruitgang van die bestuurdersomgewing sluit ‘n nuwe draaibare sitplek, verbeterde lugversorging, verwarming- en ventilasiestelsels en nuwe motor-styl kontroles in,” het Savinov gesê.



Volgens Jaap van der Westhuizen was daar ‘n hele paar hoogtepunte wat uitgestaan het by dié geleentheid. Die uitstalling van die nuwe Case IH toerusting by die ontvangsarea het omtrent boere se koppe laat draai.
Boere het die geleentheid gehad om na kenners te luister, onder andere hoëvlak verteenwoordigers van Case IH Suider-Afrika, tydens ‘n voorlegging en was verbaas om te hoor hoe gevorderd die CASE IH-tegnologie geword het.
“Die nuwe AFS Connect-trekkers kan nou binne ‘n presisie-marge van minder as 2,5 cm werk, wat beter is as alle mededingers,” sê Esmond Coen, hoof van Case IH Ag Solutions. Die op- en aflaai van data deur AFS Connect word nou ook as die vinnigste op die mark geag en die aantal funksies en opsies is verstommend. Volgens Coen sluit die funskies alles in waaraan ‘n boer kan dink; van die aanduiding van die masjien se ligging, die werkstatus en wat dit benodig (soos brandstof of onderhoud). Data van die bewerkte oppervlakte, of variërende toedieningshoeveelhede word ook in reële tyd aangeteken en oorgedra en die boer kan selfs kyk hoe sy winsvooruitsigte lyk terwyl die trekkers deur die lande beweeg.
Volgens Arno du Plessis, Hoof van Taktiese Bemarking vir Case IH Suider-Afrika, kan die nuwe Magnum™ AFS Connect™ gesien word as ‘n “volledige oplossing” vir die boer.
Na die voorlegging het die Magnum™ AFS Connect™ 400 sy vermoëns op die land gedemonstreer. Boere was veral beïndruk met die trekker se verrigting en krag in die veld. Op ‘n snikhete Vrystaat-dag was die luukse, lugversorgde kajuit beslis ‘n toevlugsoord en boere het nie gehuiwer om die trekker te toetsbestuur nie.

Muller van der Westhuizen, ‘n produsent in die Parys-distrik wat tans met mielies, sonneblomme en sojabone boer, meen dié trekker se gemaklike en luukse kajuit laat hom kop-en-skouers teenoor vorige modelle uitstaan.
Vir Jaap van der Westhuizen as handelaar is dit ‘n groot voorreg om nou direk besigheid met CNH Industrial te kan doen. Hy was verheug oor die positiewe terugvoer en belangstelling na die geleentheid. “Ek is eerlikwaar opgewonde vir die toekoms, ten spyte van enige moontlike uitdagings. As boer is ek trots om te kan sê ek is ‘n volbloed CASE IH-ondersteuner”.
In sy woorde is “‘n Goeie boer se beste jaar altyd die een wat op pad is!”
***
Case IH is beroepslui se eerste keuse, met meer as 175 jaar erfenis en ervaring in die landboubedryf. ‘n Kragtige reeks trekkers, stropers en balers wat ondersteun word deur ‘n wêreldwye netwerk van hoogs professionele handelaars wat oorgehaal is om die beste ondersteuning en prestasie-oplossings aan ons klante te bied wat in die 21ste eeu nodig is om produktief en effektief te wees. Meer inligting oor Case IH-produkte en -dienste kan aanlyn gevind word by www.caseih.com.
Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York Effektebeurs genoteer is (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI). Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.
***
Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Sosiale Media en Bemarking
CNH Industrial Agriculture & Construction SA
chimene.devilliers@cnhind.com