Boer van enige plek af danksy AFS Connect™
Case IH besef boere se verantwoordelikhede is soms van só ’n aard dat hulle nie altyd by al die aktiwiteite op die plaas teenwoordig kan wees nie. Die AFS Connect™-stelsel is ontwikkel sodat boere dadelik toegang tot belangrike inligting kan kry – asof hulle self in die veld is.
Case IH se gevorderde plaasbestuurstelsel, AFS Connect™, stel boere in staat om boerdery-aktiwiteite vanuit die palm van hul hand te bestuur. Met behulp van die MyCaseIH.com-webwerf en die AFS Connect™-mobiele toepassing vir iOS- en Android-bedryfstelsels kan boere aktiwiteite vanaf ’n rekenaar of slimfoon monitor en bestuur. Die AFS-Connect™-stelsel stel produsente in staat om met intydse data beter ingeligte besluite te neem en hul boerdery slimmer en ekonomieser te bestuur. Produsente moet hul grond doeltreffender benut en bestuur om die meeste uit elke hektaar te kry. ’n Inligting-intensiewe benadering tot ’n boerdery kan tot ’n ekonomieser boerdery lei.
VLOOTBESTUUR
Om in die jongste tegnologie te belê, is baie voordelig vir ’n boerdery, maar die werklike waarde lê in die opbrengs op belegging wat dié toerusting lewer. Daarom is Case IH se ingenieurs daarop toegespits om hul toerusting se uitsette te optimaliseer. AFS Connect™ stel boere in staat om te sien waar en vir hoe lank hul werktuie gewerk het sodat die volgende aktiwiteite beplan kan word. Om presies te weet waar jou trekker of stroper op die plaas is, vergemaklik die proses om sleepwaens en brandstofvoertuie na die nodige werktuig te stuur. Só word minder tyd vermors en word die doeltreffendheid van die werkers en werktuie optimaal benut. AFS Connect™ bied ook die opsie om ’n kennisgewing uit te stuur wanneer die werktuig ’n aangewese gebied verlaat. Dit dien as ’n veiligheidsvoordeel. Eienaars kan só verseker dat operateurs (veral as hulle onervare of nuut op die plaas is) by voorkeurroetes en opdragte hou.
AFS ACCUGUIDE™
Die AFS Connect™-stelsel bied meer beheer, produktiwiteit, doeltreffendheid en akkuraatheid deur middel van outomatisering. Die navigasiebeheerder met T3TM-tegnologie verbeter akkuraatheid wanneer daar in reguit lyne oor terreine met hellings gery moet word. Die AFS AccuGuide™ help ook met die besparing van saad, kunsmis, chemikalieë en brandstof deur oorvleuelings en gapings uit te skakel. Herhaalbare akkuraatheid vanaf 20 cm na 2,5 cm op ’n jaargrondslag kan só bereik word. AFS RowGuide™ word saam met AFS AccuGuide™ gebruik om akkurate, handvrye bestuur tydens die stroop van mielies te bied om die operateur se uitputting tydens lang oestye te verminder.
AFS-SAGTEWARE
Die AFS™-plaasbestuursagteware bied verskeie hulpmiddels en funksies om in jou unieke behoeftes te voorsien. Hierdie geïntegreerde sagtewarepakket stel boere in staat om verskeie kaarte, soos opbrengs-, toepassings-, voorskrif- en grondmonsterkaarte, op te stel. Die sagteware ondersteun al die belangrikste presisieboerderystelsels op die mark, waaronder Trimble, Ag Leader en GreenStar.
BOEKHOUDING
AFS Connect™ is toegerus met funksies vir boekhouding en verslaglewering. AFS Connect™ hou boek van verskeie daaglikse gemotoriseerde aktiwiteite, soos die werktuig se bedryfsure en aflaaitye. Inligting soos enjinkrag, brandstofverbruik, produktiwiteit en uitsette word ook opgeneem en regstreeks in ’n verslagformaat na die boer se rekenaar gestuur. Die verslae kan maklik na vennote en operateurs in die veld oorgedra word. Daar is ook ’n opsie om die verslae na Microsoft Excel-formaat oor te dra. Werkverslae kan opgestel word vir alle relevante werktuie en hul operateurs, terwyl die oesopbrengs tussen werktuie vergelyk kan word. Só kan die prestasie en doeltreffendheid van operateurs beoordeel en ontleed word om moontlike areas van verbetering te identifiseer.
Case IH wil nie net produkte en stelsels bied wat vír die boer werk nie, maar die maatskappy wil ook spesialiste beskikbaar stel wat in vennootskap met jou werk om jou landbou-onderneming ’n sukses te maak. Produsente kan dus verseker wees van uitstekende ondersteuning en naverkopediens.
***
Case IH is beroepslui se eerste keuse, met meer as 175 jaar erfenis en ervaring in die landboubedryf. ‘n Kragtige reeks trekkers, stropers en balers wat ondersteun word deur ‘n wêreldwye netwerk van hoogs professionele handelaars wat oorgehaal is om die beste ondersteuning en prestasie-oplossings aan ons klante te bied wat in die 21ste eeu nodig is om produktief en effektief te wees. Meer inligting oor Case IH-produkte en -dienste kan aanlyn gevind word by www.caseih.com.
Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York Effektebeurs genoteer is (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI). Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.
***
Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Sosiale Media en Bemarking
CNH Industrial Agriculture & Construction SA
Chimened@cse.co.za