Puik trekkers vir graanboere
Case IH se Magnum Rowtrac-trekkerreeks bied beter produktiwiteit, beter hantering en meer aanpasbaarheid aan graanboere. Gaan kyk vandag nog daarna.
Geen enkele trekkeroplossing kan aan ál die behoeftes van ’n boer voldoen nie. Indien jy egter ’n graanprodusent is in ’n streek met moeilike grondtipes, kan die gebruik van rusperbandtrekkers die oplossing wees in alle omstandighede.
Magnum Rowtrac-trekkers is ontwerp om die ideale balans te handhaaf, met bandopsies wat by die landery se rywydte en grondtipe aanpas. Dit het ’n ossillerende agterste rusperbandstelsel wat ontwerp is sodat die krag op die grond deur die strafste grondtoestande konstant bly.
Hierdie trekkers hou vier kontakpunte op die grond. Dit verminder oppervlakdruk en betekenminder gewigsoordrag van
voor na agter. Dit is beter as die twee-rusperbandstelsel, en bied beweegbaarheid en hantering wat met dié van ’n wieltrekker vergelyk kan word.
TEGNOLOGIE
Aan die voorkant bied die Rowtrac gevorderde hoëtegnologiebande wat met ’n laer lugdruk werk sowat 40% – vergeleke met tradisionele MFD-trekkerbande.
Dit beteken ’n langer spoor op die grond vir verminderde verdigting en ’n beter vastrapvermoë.
Verskeie bandopsies maak dit maklik om aan die agterkant die rusperbandbreedte aan te pas by enige rywydte in die oespraktyk. Hierdie eksklusiewe rusper-bandstelsel ossilleer en draai om een punt. Dit verseker ’n plat voetspoor sodat die krag op die grond kan kom en konstant behoue bly. Hierdie ontwerp lewer vastrapvermoë en krag wat nie deur sleep- of driepuntwerktuie beïnvloed word nie. Dit bied ook ’n gemaklike rit oor terasse en ongelyke of oneweredige grondtoestande.
RYWYDTES
Hetsy jy rys of katoen, beet of aartappels, sojabone of koring, mielies of sonneblomme plant, die Magnum Rowtrac se onderstel is ontwerp om aan te pas by jóú omstandighede op jóú plaas. ’n Groot verskeidenheid ryspasiëringsopsies bied aan boere die aanpasbaarheid wat hulle nodig het.
KIES ROWTRAC
Die Rowtrac het deurlopend vier punte wat kontak maak met die grond. Gevolglik is stabiliteit en beweegbaarheid baie doeltreffender as die bekende twee-rusperbandstelsel.
Krag word eweredig na ál die wiele versprei, dus kan swaar werktuie nie veroorsaak dat die masjien se neus lig en trekkrag só verlore gaan nie. Die stuur van die masjien bly steeds op die voorwiele en verskuif nie na die agterkant nie, wat dalk die kenmerk van ’n groot pantservoertuig kan aanneem.
Danksy die oppervlakte van 1,4 m² van elke rusperband op die grond, word wielglip tot ’n minimum beperk, produktiwiteit outomaties verhoog, en brandstofverbruik in verhouding verminder.
Mnr. Arno du Plessis is die nasionale verkoopsbestuurder van Northmec.