Vir Case IH is boere meer as net kliënte, hulle is familie.
“Ek gesels onlangs met ’n bekende televisie-aanbieder en sy vertel hoe onderhoude met produsente haar persepsie van die landbou, die platteland en die impak wat landbouprodusente op die land het, verander het.” Só sê mnr. Jacques Taylor besturende direkteur van CNH Industrial Suider-Afrika en voormalige Besturende Direkteur van Case IH. “Dis algemeen dat produsente erkenning kry vir hul rol in die versekering van voedselsekerheid en werkskepping – albei belangrike funksies – maar ek wonder soms of ons die mens agter die produsent raaksien.”
Dit is om die kombuistafel of by die kantoorlessenaar waar Case IH die produsent wil leer ken en verstaan.
Ons verstaan hoe ’n produsent wat al verskeie toekennings verower het, steeds elke seisoen nuwe doelwitte stel. Hoe die produsent op soek is na tegnologiese oplossings om die doeltreffendheid van sy of haar besigheid na selfs hoër vlakke te neem.
Case IH verstaan dat produsente blootgestel is aan risiko’s, finansiële druk, die verlies van geliefdes en die klimaat, en die behoefte het aan sakevennote wat met empatie met oplossings na vore kom.
Dit is belangrik vir Case IH om betroubare en duursame toerusting en werktuie aan boere te verskaf. Dit gaan egter vir Case IH oor meer as net die verskaffing van toerusting, dié maatskappy streef daarna om op grondvlak langtermynverhoudings met produsente vestig.
Case IH is ’n wêreldklastoerustings- en dienstemaatskappy wat strategiese leiding verskaf om volhoubaarheid in die landbousektor te bevorder.
Case IH word wêreldwyd gerespekteer. Met ’n geskiedenis wat terugstrek tot 1842, het Case IH ’n reputasie opgebou as die ontwikkelaar van baanbrekertoerusting en -dienste vir die landbou- en boubedryf.
Ons kliënt is die hart van alles wat ons doen, en inspireer ons om voortdurend te streef na uitnemendheid en om oplossings te bied wat pas by elkeen se unieke behoeftes.
Daarom is boere wat deel is van die Case IH-familie, getrou aan die handelsmerk, want hulle weet hulle kry gehaltediens en -produkte.
Ons is dankbaar vir elke boer wat sy vertroue in ons stel om uitstekende diens en ondersteuning te lewer. Met 14 Case IH-takke en 25 onafhanklike handelaars in kerndele van Suider-Afrika, asook onderdele-afdelings, het ons ’n span mense met kennis en vaardighede wat die boer kan bystaan om te verseker sy produktiwiteit word nooit ondermyn nie.
Case IH se kliënte is soos familie en met Kerstyd wat voorlê, is die klem op samesyn met familie.
Mnr. Stephan Nel het onlangs die leisels by Taylor oorgeneem as die amptelike nuwe besturende direkteur van Case IH.
“Ek is baie opgewonde om die nuwe uitdaging aan te pak en om weer baie nou saam met die produsente en die verskillende instellings in Suid Afrika se landboubedryf te werk,” sê Nel.
Sy boodskap aan boere is dat hy beloof om voort te bou op die huidige momentum en rigting waarin die Case IH-handelsmerk oor die afgelope twee jaar gestuur is. Hy wil die Case IH-handelsmerk bly versterk deur tegnologie as die dryfveer om produsente in Suider-Afrika produktiewer en winsgewender te maak, en om die handelsnetwerk te versterk om professionele diens aan produsente te lewer, aan die verkope- én naverkopekant. Stephan is opgewonde om elke boer se stem te hoor, hulle praktyke en uitdagings beter te verstaan, en saam hande te kan vat met industrieleiers, om aanhou voort te bou en ons gesamentlike passie vir landbou aanhou uit te leef.
Die Case IH-bestuurspan wil sy landboufamilie bedank vir die ondersteuning wat die afgelope jaar ontvang is. Dit is belangrik vir ons om voort te bou op die goeie verhoudings en hoop om in die nuwe jaar nog hegter bande met boere te smee.
***
For more information contact:
Chimene de Villiers
Head of Marketing & Communication
CNH Industrial Ag & Ce SA
chimene.devilliers@cnhind.com