Puma 155 oorhandiging aan Hoër Landbouskool Marlow
Op 5 Augustus 2022 het Marlow Seunskool ‘n optog gehou waar die skool se gelukbringer met die hulp van 2 spog Case IH trekkers Cradock se hoofstrate ingevaar het. Dit was beslis iets om te aanskou en het behoorlik die aandag van plaaslike inwoners getrek .
Hierdie optog was gehou ter viering van Marlow Skool se groot rugby wedstryd teen Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar wat die volgende dag sou plaasvind.
Wilhelm Jordaan, boerdery voorsitter, het ‘n toespraak gelewer aan die skool waar hy sy visie en sy passie vir Marlow Landbouskool gedeel het.
Volgens Wilhelm is sy visie om boerdery te verander vir die “seuns van die toekoms” en wil dus meer fokus plaas op presisieboerdery. As ‘n oudskolier met ‘n passie vir Marlow het Agramex Cradock besluit om bankvas agter Marlow te staan. Agramex is net soos Marlow ‘n klein maatskappy met ‘n groot hart.
Hierdie Puma wat beste in sy klas is is alreeds toegerus met die nodige toebehore om aan volle satellietnavigasie te voldoen om presisieboerdery te kan toepas. Ongelukkig benodig Marlow nog borge om die auto-steer stelsel aan te koop – wat benodig word vir die volgende plantseisoen.
Wilhelm het tydens hierdie geleentheid die groot voorreg gehad om namens Agramex die veelsydige Case IH Puma 155 trekker te oorhandig aan Marlow Boerdery. Hierdie Puma-trekker gaan die boerdery meer effektief en ekonomies maak, sê Wilhelm.
Marlow Landbouskool is ‘n seunskool, geleë in Cradock, waar moedertaal (Afrikaans) onderrig geweldig belangrik is, en waar die seuns ontwikkel en skoolgaan op ‘n plaas.
‘n Seunskool beteken tradisies en ‘n skooltrots wat deur die jare gevorm en gebou is tot iets unieks wat van onskatbare waarde vir die ontwikkeling van hul leerders is.


Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Hoof van Bemarking en Kommunikasie
CNH Industrial Ag & Ce SA
chimene.devilliers@cnhind.com
***