Case IH is gefokus op die toekoms van landbou
Wanneer daar vir produsente gevra word wat volhoubare boerdery werklik beteken sal mens waarskynlik ‘n wye verskeidenheid menings rondom die onderwerp ontvang.
Volhoubare landbou is die produksie van gewasse en vee in harmonie met die natuur om natuurlike hulpbronne in stand te hou en te bewaar. Die ideaal is om volhoubare boerderystelsels, ‘n gesonde omgewing en winsgewendheid te skep.
Om ‘n wêreldleier in landboutoerusting te wees is ‘n groot verantwoordelikheid vir ‘n handelsmerk soos Case IH. Dit is vir hierdie rede hoekom Case IH altyd proaktief optree as dit oor belangrike kwessies rondom volhoubaarheid handel. Oor die jare is Case IH se navorsing en ontwikkeling daarop gerig om te verseker dat toerustingreekse steeds die hoogste standaard in terme van produtiwiteit en eko-versoenbaarheid bereik.
Deur innoverende produkte en oplossings te verskaf wat aan omgewingsverantwoordelike en ekonomiese boerderypraktyke voldoen, doen Case IH sy deel om produsente se komplekse uitdagings rondom klimaatsverandering en volhoubaarheid aan te spreek.
Daar is verskeie landboutegniekie en tegnologie wat produsente kan aanneem om hul boerdery so volhoubaar, ekonomies en omgewingsvriendelik te bestuur as moontlik.
Geenbewerkingsboerdery
Geenbewerkingsboerdery is ‘n landoutegniek waar boere gewasse groei om sodoende so min as moontlik grond versteuring te veroorsaak tydens grondbewerking. Geenbewerkingsboerdery verminder die hoeveelheid gronderosie wat bewerking veroorsaak in sekere gronde, veral in droë grond op skuins terreine.
Ander moontlike voordele sluit ‘n toename in die hoeveelheid water wat in die grond infiltreer, grondretensie van organiese materiaal en voedingstofsiklusse. Hierdie metodes kan die hoeveelheid en verskeidenheid lewe in en op die grond verhoog.
Sommige produsente plant dekgewasse om onkruid te onderdruk in stede daarvan om onkruiddoders te gebruik.
Geenbewerkingspraktyke het sy uitdagings daarom benodig produsente die regte toerusting om goeie resultate in moeilike geenbewerkingstoestande te kan lewer. Case IH se alomvattende toerustingreeks help produsente om sukses te behaal uit hul geenbewerking-boerderypraktyke – van strookbewerking en kunsmisplasing – tot plant en gewasversorging.
Case IH het ‘n oplossing wat die produsent kan baat tydens elke seisoen. Case IH toerusting kan die produktiweit van produsente se geenbewerkignspraktyke bevorder.
- Case IH VT-Flex 435 vertikale bewerkingsimplement
Lente of herfs, die Case IH VT-Flex 435 vertikale bewerkingsimplement is die vinnigste en doeltreffendste manier om meer hektaar te dek, oesreste te bestuur en grond gelyk te maak. Dié implement se bewerkingslemme bevorder eenvormige ontkieming, vinnige opkoms en verhoogde opbrengs wat volhoubare boerderypraktyke bevorder.
- 2000 Early Riser-planter
Geenbewerkingstoestande vereis meer van planters om sodoende uitstekende saadplasing en goeie saad-tot-grond-kontak te bereik. Danksy die nuwe tegnologie wat Case IH met dié maatskappy se hedendaagse planters aan boere bied, kan hulle die volle opbrengspotensiaal met hul aanplantings bereik. Die 2000-reeks Early Riser-planter is ontwerp om in enige grondtipe of -oppervlak te werk. Case IH se 2000-reeks Early Riser-planters kombineer die bedryf se akkuraatste tegnologie met die nuutste en stewigste ry-eenheid vir eenvormige ontkieming.
- Patriot-spuite
Namate landboutegnologie teen ’n vinnige pas ontwikkel, word daar voortdurend gestreef na verhoogde doeltreffendheid en volhoubaarheid. Dit geld vir spuittoerusting en -tegnologie. Die Patriot Reeks spuite bied konsekwente, akkurate toepassing oor elke stuk grond elke seisoen.
Tegnologie
Tegnologie het die wyse waarop produsente boer oor die afgelope paar dekades aansienlik bevorder.
Tegnologie soos die Advanced Farming System (AFS) presisieboerderysisteem en Case IH se telematiese oplossings kan produsente help om meer produktief en volhoubaar te boer.
Case IH bied ook ‘n verdere verskeidenheid gevorderde tegnologie wat insluit; AgXtend, FarmXtend-gekoppelde veldsensors, Xpower-elektriese onkruidbeheer, die SoilXplorer-grondsensor/karteerder, die NIRXact-gewas-/slibbestanddeelsensor en die CropXplorer-gewasbiomassasensor wat produsente in staat stel om die doeltreffendheid van hul trekkers, implemente en stropers verder te verbeter.
***
Case IH is beroepslui se eerste keuse, met meer as 175 jaar erfenis en ervaring in die landboubedryf. ‘n Kragtige reeks trekkers, stropers en balers wat ondersteun word deur ‘n wêreldwye netwerk van hoogs professionele handelaars wat oorgehaal is om die beste ondersteuning en prestasie-oplossings aan ons klante te bied wat in die 21ste eeu nodig is om produktief en effektief te wees. Meer inligting oor Case IH-produkte en -dienste kan aanlyn gevind word by www.caseih.com.
Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York Effektebeurs genoteer is (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI). Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.
***
Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Sosiale Media en Bemarking
CNH Industrial Agriculture & Construction SA
chimene.devilliers@cnhind.com