ONS IS CASE IH. ONS LAAT DINGE GEBEUR.
Die CASE IH manifes.
Ons is planmakers, arbeiders en assistente. Ons is jou vennoot, sielsgenoot, vriend en buurman.
Ons is uniek in eie reg. Ons bied masjienerie, implemente, tegnologie, ondersteuning, kennis en begrip. CaseIH toerusting is gebou om in die veld te wees. Ons masjiene is op hul beste in werkende toestande. Ons beskik oor innoverende tegnologie. Ons belê in produsente, grond en die behoefte van elke lewende wese wat gevoed moet word.
CaseIH loop breëbors met die gesogste toekennings as wêreldleiers in die vervaardiging van landboutoerusting. Dit alles is goed en wel, maar sonder die produsent wat dit benut, beteken dit niks. Gemeenskappe is afhanklik van jou, die boer. Jy voed die mensdom ten spyte van daaglikse beproewings en uitdagings wat jy moet trotseer. Maklik is dit nie…maar, jy is nie alleen nie. CaseIH staan agter jou, langs jou en voor jou om 360˚ se aanslagte af te weer.
CaseIH beklemtoon die behoeftes van sy klient – ieder en elkeen – individueel. CaseIH produkte is die resultaat van kliëntgedrewe produkontwerp, deur insette vanaf jou – die boer…. Ons bied “innoverende produkontwerp en vervaardiging” reeds 2 dekades lank met behulp van die eindverbruikers.
Ons is CaseIH. Ons laat dinge gebeur.

CASE IH spog met ‘n ryk geskiedenis.
Die CaseIH-handelsmerk, ‘n belangrike wêreldspeler in die mark vir landboutoerusting, is deur Mnr. Jerome Increase Case gestig in 1842. In 1847 is die McCormick Harvesting Machine maatskappy gestig in Chicago, VSA, deur Cyrus McCormick.
In 1831 het mnr Cyrus Hall McCormick (die baanbreker van Case IH se ryke geskiedenis) die eerste meganiese stroper bekendgestel en in 1869 het Jerome Increase Case die eerste stoomenjinaangedrewe trekker bekendgestel. In 1886 word JI Case die grootste vervaardiger van stoomenjins in die wêreld.
Die eerste Axial Flow-stroper toon al sedert 1977 sy staal in die landboubedryf. In 2016 was CaseIH die eerste landbouhandelsmerk wat ‘n kajuitlose outonome robot-trekker onthul het, wat in staat was om ‘n stuk grond onafhanklik te plant. In 2017 het die handelsmerk sy 175ste bestaansjaar gevier, en vandag word Case IH-toerusting wêreldwyd op plase aangetref.
CaseIH se toerusting is vandag meer produktief, meer ekonomies, meer betroubaar en meer “presies” as ooit tevore.
Deur die jare is elke uitvindsel van CaseIH gedryf deur individuele boere se unieke denkwyses en die doel was altyd om die landbou van môre beter te maak as wat dit vandag is.
CASE IH in Suider-Afrika
Northmec/CASE IH Suider-Afrika, is al sedert 1989 die formele verspreider van die CASE IH-handelsmerk in Suider-Afrika.
Nadat hy al langer as ‘n eeu in die land sake gedoen het, is Northmec die mees gevestigde verspreider van landboutoerusting in Suid-Afrika. Die maatskappy bied met sy werktuie en ander landboutoerusting ‘n volledige reeks vir Suid-Afrikaanse boere.
Volgens Jacques Taylor, Besturende Direkteur, sal die handelsmerk mik om ‘n bydrae te lewer tot die toekomstige groei van landbou in die streek deur sy verbintenis tot gehalte deur middel van innovasie, gevorderde tegnologie, kundigheid in landboupraktyke en professionele ondersteuning.
Ons nooi produsente graag uit om met sy naaste CASE IH / Northmec-tak of handelaar kontak te maak.
***
Case IH is beroepslui se eerste keuse, met meer as 175 jaar erfenis en ervaring in die landboubedryf. ‘n Kragtige reeks trekkers, stropers en balers wat ondersteun word deur ‘n wêreldwye netwerk van hoogs professionele handelaars wat oorgehaal is om die beste ondersteuning en prestasie-oplossings aan ons klante te bied wat in die 21ste eeu nodig is om produktief en effektief te wees. Meer inligting oor Case IH-produkte en -dienste kan aanlyn gevind word by www.caseih.com.
Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York Effektebeurs genoteer is (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI). Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.
***
Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Sosiale Media en Bemarking
CNH Industrial Agriculture & Construction SA
Chimened@cse.co.za