[PERSVERKLARING] Strukturele veranderinge versterk Case IH se Suid-Afrikaanse handelaarsnetwerk
CNH Industrial het sy plaaslike teenwoordigheid versterk met die verkryging van vier besighede van Capital Equipment Group (CEG), wat die Case IH-verspreider Northmec insluit. Die verworwe afdelings sal deel vorm van ‘n regsonderneming van CNH Industrial wat in Suid-Afrika gevestig is.
Paradiso, Switserland, 12 Januarie 2021
Case IH se verbintenis tot die lewering van ‘n buitengewone kliënte-ervaring sal na verwagting verder verbeter word deur die onlangse verkryging van die Suid-Afrikaanse verspreider Northmec, deur die moedermaatskappy CNH Industrial.
Northmec is een van die vier besighede wat verkry word van CEG, ‘n sake-eenheid van Humulani Marketing Pty Ltd, wat uiteindelik besit word deur Invicta Holdings Limited. Die ander afdelings is toerustingsverspreider CASE Construction (CSE); onderdeleverspreider NHSA; en Landboupart, ‘n verspreider van onderdele en implemente vir landboutoerusting.
Hierdie vier afdelings, wat deel uitmaak van ‘n CNH Industrial-regspersoon wat in Suid-Afrika gevestig is, sal voortgaan om sake te doen onder hul gevestigde markidentiteite.
Nadat hy al langer as ‘n eeu in die land sake gedoen het, is Northmec die mees gevestigde verspreider van landboutoerusting in Suid-Afrika. Die maatskappy is die enigste verspreider van Case IH-masjinerie, en bied met sy werktuie en ander landboutoerusting ‘n volledige reeks vir Suid-Afrikaanse boere.
CNH Industrial sal die verhouding tussen die Case IH-handelsnaam en sy klante in Suid-Afrika en ander markte in Suider-Afrika versterk deur die operasionele bestuur van sy kommersiële verspreidings- en na-marknetwerk oor te neem.

Case IH se produkaanbod, verkope en na-aflewering dienste sal steeds gelewer word volgens die hoë standaard wat deur klante verwag word, het Jacques Taylor, die nuwe besturende direkteur van Northmec, gesê. Hy het verduidelik hoe die handelsmerk sal mik om ‘n bydrae te lewer tot die toekomstige groei van landbou in die streek deur sy verbintenis tot gehalte deur middel van innovasie, gevorderde tegnologie, kundigheid in landboupraktyke en professionele ondersteuning.
Taylor bring 8 jaar se ondervinding in die landboutoerustingbedryf in Afrika en Europa. Vroeër was Taylor die hoof van die Landbou afdeling vir Standard Bank, Afrika waartydens hy ook tyd in Nigeria deurgebring het. Hy is ook ‘n deeltydse boer.
Na die finale goedkeuring deur die Mededingingskommissie van Suid-Afrika en die daaropvolgende sluiting van die ooreenkoms, het Federico Bellotto, die nuut aangestelde Hoof van Landbou en Konstruksie vir CNH Industrial Agriculture and Construction Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Doeane-unie bevestig dat die handelsmerk daarop gemik is om ‘n sterk fokus op sy besigheid in hierdie gebied te wy en klante die beste ondersteuning te bied en te verseker dat die produkaanbod vir die mark perfek ooreenstem met die spesifieke vereistes van die plaaslike landbou.
Bellotto, wat voorheen die besigheidsdirekteur van New Holland Landbou was, het gesê dat hierdie belegging ‘n besondere mylpaal is vir CNH Industrial in die Republiek van Suid-Afrika, een van die belangrikste markte vir die maatskappy in Afrika en die Midde-Ooste, sowel as die wyer Suider-Afrika-gebied. Dit bewys ook die vertroue van die maatskappy in die landboupotensiaal in die streek, wat byna ‘n derde van die produksie van die hele vasteland uitmaak.

***
Case IH is beroepslui se eerste keuse, met meer as 175 jaar erfenis en ervaring in die landboubedryf. ‘n Kragtige reeks trekkers, stropers en balers wat ondersteun word deur ‘n wêreldwye netwerk van hoogs professionele handelaars wat oorgehaal is om die beste ondersteuning en prestasie-oplossings aan ons klante te bied wat in die 21ste eeu nodig is om produktief en effektief te wees. Meer inligting oor Case IH-produkte en -dienste kan aanlyn gevind word by www.caseih.com.
Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York Effektebeurs genoteer is (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI). Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.
***
Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Sosiale Media en Bemarking
CNH Industrial Agriculture & Construction SA
Chimened@cse.co.za
Gemma Holly
Case IH-handelsmerkkommunikasie
Asia, Middle East and Africa
gemma.holly@caseih.com