Nutsvoertuig & SB541-baler
Nuwe toevoegings tot Northmec se produkreeks blyk die antwoord te wees op baie behoeftes van die moderne boer in Afrika.

As jy ’n veeldoelige voertuig met krag nodig het, of ’n klein, doeltreffende vierkantbaler, het Northmec die regte werktuig vir jou. Jare lank word al bespiegel oor werktuie wat op kleiner skaal ʼn eentonbakkie kan vervang en steeds mobiel genoeg is om gemaklik oor rowwe terrein te beweeg met ’n paar kilogram op die bak. Northmec is die trotse verspreider van sulke produkte met mededingende pryse wat die boer se taak sal vergemaklik. Die Defender Max-DPS-voertuig kan tot 1,134 ton sleep en het ’n netto vraggewig van 793,8 kg op die bak. Dit verseker dat dié werkesel meer as 90% van die werk van ’n normale eentonbakkie kan doen.
VEELDOELIGE VOERTUIG
Swaardiens Rotax V-TWIN enjins bied realistiese werk- krag-verhouding vir die Defender Max-voertuig en die enjin verskaf 37,2 kW. Die voertuig se kragstuur (DPS) is aangepas vir veeldoeligheid. Die DPS is ontwerp om minder reaktief te wees teen hoë spoed en meer op laer spoed – soortgelyk aan nuwe motors. Die beproefde vierwielaangedrewe stelsel kry die werk gedoen met die PRO TORQ-transmissiestelsel met ’n vinnige reaksietyd, gewysigde ventilasie en elektroniese beskerming wat lewenslange betroubaarheid verseker. Die boer kan kies tussen die “turf”-opsie, en tweewiel- of vierwielaandrywing met outomatiese aanskakeling van die vierwielstuuraksie. ’n Differensiale sluit van die vooras lei daartoe dat die krag ten volle doeltreffend op enige terrein is. Dit het ʼn tradisionele outomatiese rathefboom met standaardgroepering (P/R/N/D/LS) vir eenvoud en gemak. Die voertuig het beter vering met dubbele na voor gebuigde A-arms en na agter gebuigde TTA’s met kanteldemper wat met selfvertroue en ’n hoër grondvryhoogte kan sleep en trek – ongeag die vrag.

KLEIN BALER
Die Case IH SB541- vierkantige baler en Case-balers oor die algemeen is bekend vir bale van puik gehalte. Dié balers oes op ’n doeltreffende manier. Die ontwerp is betroubaar en speel al jare lank ’n leidende rol in die mark vir kleiner vierkantige balers. Die balers is stewig gebou en het kenmerke met hoë-kapasiteit, soos die wye optelmeganisme, swaardiens-voerstelsel en die rataangedrewe binders. Met die SB- vierkantige balerreeks kan die boer bale van hoë gehalte in alle soorte materiaal en toestande bind. Die balers is ontwerp met die oog op die vervaardiging van groenvoer. Dit verseker dat blare met hoër proteïen en dus groter voedingswaarde gebaal word. Die ontwerp sorg vir eenvormige baalgroottes en gewig.
UITSTAANDE KENMERKE
Digtheidskontrole word uitgevoer deur slegs die digtheid op die baalkamer te verstel. ’n Opsionele hidrouliese kontrole is ook beskikbaar om in verskillende voertoestande beter beheer uit te oefen.
Die voedingstelsel het ’n groot opening van 1,826m² vir die hantering van groot hoeveelhede materiaal en ongelyke windrye. Die invoertande op die rotorstelsel versprei die materiaal egalig oor die invoerbed na die baalkamer met minimale skudverlies vir proteïen-bale van hoë gehalte. Kategorie VI- swaardiensaandrywing en koppelaars bied uitstekende duursaamheid en krag vir baalprosesse van hoë kapasiteit. Binders is rataangedrewe en gebou vir deurlopende bindprosesse met baie lae onderhoudkoste.
Die 8-tou-baalkis verseker langer werkure sonder dat die tou her-ingeryg moet word. Die baal kan uitgelaai word terwyl daar teen ’n konstante spoed gery word. Die baal word sagkens deur ’n hidrouliese meganisme uitgevoer en oorgelaai. Groter wiele en bande is op die SB541-baler aangebring:
- 14L x 16,1 aan die linkerkant.
- 11L x 14 aan die regterkant.
Dit lei tot minder grondverdigting en beter stabiliteit. ’n Beter baalkamer is aangebring vir die hantering van moeilike materiaal. Die kamer is 30,5 cm langer en die wande is 4,76 mm teenoor die 4 mm van sy voorlopers.