Case IH Ecolo-Tiger®
Die hardwerkende nuwegeslagkombinasiewerktuig op die mark – die Case IH Ecolo-Tiger® – bied nou meer duursaamheid, verbeterde agronomie en eenvoudige werkverrigting.
Nou kan jy die digste reste, taaiste grond en moeilikste weers-toestande baasraak, danksy die Case IH Ecolo-Tiger ®-kombinasiewerktuig se nuwe hoë-verrigting-Tiger-punte, swaardiensskottels en hidroulies beheerde dubbelryrollers. Case IH het die beproefde Ecolo-Tiger® 870 verbeter met meer snykrag en duursamer komponente,” sê dr. Rob Zemenchick,verkoops-en-bemarkingsbestuurder vir grondvoorbereidingsmasjinerie by CASE IH. “Hierdie werktuig is bekend om die opbreek van verdigtingslae, die sny en meng van oesreste en die gelykmaak van grond. “Dié nuwegeslag-werktuig is gebou volgens die deurlopend veranderdende behoeftes van ons klante en CASE IH se Agronomic DesignTM-
vereistes.”
DUURSAAMHEID
Die herontwerpte hoëverrigting-Tiger-punte breek die grond reg onder die verdigtingslaag. Dit het CASE IH se bekende “lig-draai-rolaksie” tot gevolg om verdigting uit te skakel. Gevolglik is minder trekkerkrag nodig, wat seepgladde grondvorming en ’n langer werksduur van die punte meebring. “Met die voordeel van omvattende toetse en navorsing, tesame met rekenaarsimulasies, kon ons ’n nuwe punt ontwerp wat tot 350% langer kan werk as vorige punte,” sê Zemenchik. Daarby bied CASE IH steeds die Earth Metal-skottels op die Ecolo-Tiger 875-werktuie.
Hierdie skottelskare word gelyktydig gevorm en gepers vir uitsonderlike duursaamheid. Vergeleke met konvensionele skottels in identiese toestande is die Earth Metal-skottels 30% sterker en hou dit 20% langer. “Earth Metal-skottels kan material in die taaiste toestande sny,” sê Zemenchik. In teenstelling met konvensionele skottels wat hul skerp snykant verloor met verwering, verbeter die skerpheid van Earth Metal-skottels met gebruik. Die nuwe waterbasis-poeierverflaag wat gebruik word, verhoog die impakbestandheid van die werktuig teen krappe en die verbleiking van verf met 400% teenoor die vorige modelle.
Die outomatiese multi-stadium-onderlaagverfstelsel met die poeierbolaag is die gevolg van ’n belegging van $81 miljoen (R1,165 miljard) se uitbreidings by die CASE IH se Goodfield III-monteeraanleg–die grootste in sy soort in Noord-Amerika. Eindverbruikers vind baat by die werktuie se duursamer, rooi verfafwerking. Die nuwe produk behoort sy kleur en verfwerk deur sy gebruikstyd te behou en só ’n hoër herverkoopwaarde te hê.
Die 875-model is toegerus met die nuwe aaneenlopende knoopplate (gussets) – eenvoudige een-punt-dieptebeheer en luukse wielrollaers. Die skottelbalke het ’n nuwe skraperontwerp om te voorkom dat materiaal en grond teen die C-hanger opbou.
Die hoëverrigting-Tiger-punte is herontwerp vir beter werkverrigting en gebruiksduur. ’n Nuwe skraper-ontwerp vir die skottelbalke voorkom die opbou van materiaal en grond teen die C-hanger. Die Earth Metal-skottels is 30% sterker en hou 20% langer as konvensionele skottelskare. Die CASE IH Ecolo-Tiger 875 het dubbelwandrollers, kan groot kluite breek en die grond met gemak gelykmaak. Die rollers is hidroulies verstelbaar vanuit die kajuit.
GRONDBEHOEFTE
Case IH het dubbelwandrollers gepatenteer wat groot kluite opbreek en die grond gelyk maak om die oespotentiaal te verhoog. By die nuwe Ecolo-Tiger 875 is die dubbelwandrollers hidroulies beheerbaar, wat boere die gerief gee om vanaf die kajuit verstellings te doen. Dit help ook om vinniger oor nat kolle te beweeg deur die druk te verminder. Die resultaat van ál hierdie komponente op die masjien in sinchronisasie is ’n eweredige grondoppervlak in alle toestande en geen verstoppings in nat toestande nie.
Die werktuie is beskikbaar in 7- tot 13-tand en 14-26 voet.
SPESIALE AANBOD
Bestel ’n Ecolo Tiger 875 voor einde Februarie om betyds reg te wees vir die komende grondbewerkingseisoen en kom in aanmerking vir ’n spesiale aanbod (die werktuig sal teen Augustus afgelewer word). Bepalings en voorwaardes geld.