Case IH se 2000-reeks Early Riser-planters
Danksy die nuwe tegnologie wat Case met dié maatskappy se hedendaagse planters aan boere bied, kan hulle die volle opbrengspotensiaal met hul aanplantings bereik. Hierdie planters kan in enige grondtipe of -oppervlak werk.
Case IH se 2000-reeks Early Riser-planters kombineer die bedryf se akkuraatste tegnologie met die nuutste en stewigste ry-eenheid vir eenvormige ontkieming.
Na gelang van die spesifieke toestande is daar dalk net 10 ideale dae om 2 000 hektaar te beplant. Indien die boer teen 9,5 Km/h plant, sal sowat ’n derde van die plantwerk op nie-ideale dae plaasvind. Met so baie faktore wat ter sprake is, is dit duidelik dat die optimale toestande aan boere ’n beter kans gee om die beste opbrengs te behaal.
VOORDELE
Direk uit die fabriek is elke 2000-reeks planter opgestel om in die boer se spesifieke behoeftes te voorsien en by sy plantbedrywighede in te pas. Die boer kan sy planter aanpas soos dit voorheen nie moontlik was nie volgens sy plaas se grondtipes, verskillende oppervlakke en die toediening van kunsmis en chemiese middels. Hy kan nou ook die naoesresidubestuur.
Baie komponente – waaronder die meterstelsel en die verstellings van die ry-eenhede kan sondergereedskap verstel word om van gewas te verander. Danksy die vaartbelynde ontwerp van die Early Riser is onderhoudstoegang gerieflik en is dit maklik om verstellings te maak.
Daarby is meganiese komponente uitgeskakel (seskantigeaste, rollaers, koppelstukke, ratte, kettings en koppelaars) om te verander in ’n konvensionele planter waarmee so min moontlik verkeerd kan loop.
Verstellings vanaf die kajuit sluit die volgende in:
- Outomatiese hidrouliese druk met DeltaForce®.
- Spoed-kompenserende suig-verstelling.
- Floterende restebestuur met CleanSweap®-lugsilinders.
- Outomatiese vlerkdruk.
- Outomatiese aan- en afskakeling van individuele ry-eenhede vir saad en kunsmis.
- Outomatiese draai-, kontoer-en sirkelkompensering. Druklug in die saadtoemaakstelsel.
NUWE ONTWERP
In die nuwe reeks is die omvattende, robuuste ry-eenheid met die bedryf se akkuraatste planttegnologie gekombineer. Dit bied vinnige aanpasbaarheid by die grondtoestande, asook deurlopende akkuraatheid, ongeag die spoed.
NUWE EENHEID
Selfs in die beste toestande veroorsaak ʼn hoër spoed meer slytasie by werktuie. Swaardiens gietysterkomponente waaronder die raamwerk van die ry-eenheid laer parallelle koppelings spoed kan plant en sorgvrye sleepdrukwiel-arms help die 2000-reeks om sy man te staan teen geharde, vinnig veranderende toestande.
’n Balk met ’n grondvryhoogte van 66 cm en op-en-afverstelbaarheid van 41 cm help om in ongelyke toestande akkuraatheid teen ’n hoër spoed te verseker. Waar die saad in die grond gaan, is Earth Metal®-snyskottels van 38 cm in deursnee en 4,5 mm dik aangebring vir ’n langer gebruiksduur. Die agronomiese ontwerp help die snyskottels om soos ’n warm mes deur botter deur die reste en harde grond te sny om te keer dat reste soos ʼn haarnaald gebuig word.
Die nuwe saadskottels se V-vormige ontwerp lei daartoe dat die saad presies in die voortjie val, met die saadbeskermingskoen wat keer dat los grond op die saad van die kante af inval.
Dit is die enigste planter in die land wat ’n plat plantvoortjie vir akkurate en eenvormige diepte en plasing maak.
Sleepdieptebeheerwiele ry gemaklik oor hindernisse pleks van om hulle reg van voor te tref en oor te wip. Minder ry-eenheidversperrings veroorsaak ’n eenvormiger saaddiepte. Onlangse toetse bewys dat die planter teen ’n hoë spoed kan plant en terselfdertyd saad akkuraat plaas. Gevolglik is die plantestand uitstekend, soos die oes data aandui.
NUWE TOEVOEGING
Die 2130 StackFold, wat deel is van die 2000-reeks, is ook nuut in Northmec se stal. Dit is beskikbaar in 12- en 16-ryspasiëring vir rye van 76 cm. Hierdie planter het dié kenmerke:
- Die gewig is eweredig versprei reg oor die planter en die trekkerspoor om deurlopende druk op die druk wiele te bewerkstellig vir akkurate saadplasing in verskillende grondtoestande en -tipes.
- Opsionele oplig bystandswiele
- Die vinnige opvoustelsel het maklike vervoer tot gevolg en bring die planter nader aan die trekker sodat die boë reg teen die wenakker kan begin plant.
- Die vleuel-opsie verskaf bykomende grondvryhoogte by die wenakkers wanneer gedraai word.
NAVRAE:
Mnr. Arno du Plessis,
e-pos: arno@northmec.co.za,
0716875227.