Puik reeks landboumasjinerie van Northmec op veiling
GoIndustry DoveBid (GoIndustry) bied namens Northmec ‘n lente-opruimingsveiling aan van ‘n uitstekende reeks landboumasjinerie. As jy in die landboubedryf is, sal jy nuwer modelle landboutoerusting en masjinerie teen ‘n fraksie van die prys hier vind. Gevestigde, bekende handelsmerke in die landboubedryf sal op hierdie aanlyn veiling beskikbaar wees. Dit sluit in Case IH- en Claas-stropers, Case IH- en Jacto-spuite, Case IH-, John Deere- en New Holland-trekkers en Laverda- en Lely-balers.
“Northmec is al vir 150 jaar die trotse verskaffer van toonaangewende landboutoerusting in Suid-Afrika en bied boere steeds bedryfsleidende tegnologie en die mees betroubare name in landboutoerusting,” sê Rob Balshaw van Northmec. Balshaw gaan voort: “Northmec sien uit na sy eerste aanlyn veiling, waar pryse op geselekteerde, gebruikte toerusting verlaag is om plek te maak in ons vertoonlokale vir nuwe produkte. Besoek gerus enige van ons Northmec-afsetpunte wat deel vorm van ons uitgebreide netwerk van takke en handelaars om toerusting te besigtig en ontmoet die kundiges wat die wiele op ons plase laat draai”.
GoIndustry het ‘n aanlyn bieplatform gekies aangesien bates van verskeie takke en handelaars gerieflik op ‘n enkele veiling ingesluit kan word. Belangstellende bieërs kan botte insit vanuit die gemak van hul eie huis of kantoor, met toegang tot die kliëntediensafdeling van GoIndustry om hulle te help met die bodproses.
Botte open op 5 November, om 17:00 (Suid-Afrikaanse tyd) en sluit op 12 November 2019, vanaf 14:00 (Suid-Afrikaanse tyd). Nader Brett Gallinetti by 078 984 6242 of 021 702 3206 of brett.gallinetti@liquidityservices.com vir meer inligting. Alternatiewelik kan die geleentheid besigtig word op www.go-dove.com/southafrica.