Vindingryke bekendstellings by Nampo Kaap 2019
Northmec vier vanjaar 150 jaar van suksesvolle diens aan die Suid-Afrikaanse produsent en kan met trots sê dat ons steeds een van die voorkeurverskaffers is vir die moderne produsent. Ons vier ons verjaarsdag met vindingryke bekendstellings by NAMPO Kaap 2019.
Case IH AgXtend
Die innoverende Case IH AgXtend-presisie- boerderytegnologie komplementeer die handelsmerk se AFS-produkte (Advanced Farming Solutions). Omvangryke doelwitstellings verseker dat die uiteindelike oplossings toonaangewend in die mark is. Die SoilXplorer is die mees onlangse tegnologie uit die Northmec-stal en sal gedemonstreer word tydens NAMPO Kaap.
SoilXplorer – hoe werk dit?
Dié sensor of karteerder beskik oor ’n kontakvrye sensor wat elektromagnetisme gebruik om grondtipes en dieptes te meet by vier verskillende vlakke: 0 cm tot 25 cm, 15 cm tot 60 cm, 55 cm tot 95 cm, en 85 cm tot 115 cm. Die eenheid word op ’n trekker se neus monteer en het twee sleutelfunksies. Eerstens kan dit gebruik word om kartering van grond te doen, waar dit grondheterogeniteit meet, grondtipes karteer, die relatiewe waterhouding in die grond waarneem en dan stoor op die kaart.
Tweedens verskaf dit inligting van verskillende dieptes van grondkompaksie sodat variërende bewerking van grond kan plaasvind volgens die diepte van die grond. Om altyd op maksimum diepte in die grond te werk, veroorsaak onnodige brandstofver- bruik asook slytasie op die implemente, sonder dat waarde toegevoeg word en beter opbrengste realiseer.
Siende dat die SoilXplorer nie direkte grondkontak maak nie, is dit onafhanklik van weersomstandighede en plantegroei, en stel dit die produsent in staat om gedetailleerde grondmonsters met verskillende pa- rameters te ontwikkel. Die SXTS-sagteware is ingesluit in die pakket.
Tipes kaarte wat saamgestel kan word:
- Relatiewe waterinhoud (RWTC – Relative water content)
- Diepte van die grond (D2I) Grondsone Bewerking/toepassing
- Alle kaarte is versamelde interpretasies van die data wat gemeet is deur die rolle (coils) van al vier die lae van opname.
Wat is die voordele van die sisteem?
- Verbeterde produktiwiteit met grondbewerkingstoepassings.
- Besparing in brandstofverbruik asook verminderde slytasie.
- Verminderde onderhoudskoste per hektaar.
- Volgehoue verbetering van die grondstruktuur.
- ISOBUS-gereed.
Nuwe vlagskipmodelstropers
Case IH het in 2019 die hidrouliese 250-reeks stropers bekendgestel wat te sien sal wees by NAMPO Kaap.
Veranderinge op die masjiene sluit die nuwe Harvest Command wat bygevoeg is, in. Die stroper word hiermee in staat gestel om self die verstellings op die masjien te doen. Dit sluit in die konkaafopening, die sifverstelling, die wind- asook die rotorspoed – om maar net ’n paar te noem.
Ons moderne stropers het by Grand Island, Nebraska begin. In die afgelope dekade het ons konstant gefokus op die maksimalisering van produktiwiteit en dit het gelei tot baie verbeterings vanaf die 2388-reeks. Om onnodige staantyd te minimaliseer, het ons die graantenks op die huidige 9250-vlagskip vergroot vanaf 6 000 liter tot 14 400 liter. Die brandstoftenks is vanaf 1 000 liter tot 1 200 liter vergroot om ’n vol dag se werk te vermag sonder om te stop vir brandstofhervulling.
In dieselfde tydperk het die enjinkapa- siteit vanaf 208 kW tot die magiese 410 kW verhoog danksy die nuwe Case IH FPT 15,9 L- masjien. Die gepatenteerde SCR-tegnologie in vandag se stroperenjins het tot gevolg dat maksimum krag gebruik kan word sonder om effektiwiteit in te boet. Die resultaat is beter werksverrigting, meer ekonomiese brandstofverbruik, laer enjintemperature asook beter betroubaarheid en duursaamheid.
Die stropers is beskikbaar in die 7250, die 8250 en die 9250. Ons kleiner modelle, naamlik die 5140, die 6140 en die 7140, is steeds markleiers in hulle verskillende seg- mente en bly deel van die aanbieding.
Kom besoek ons gerus by NAMPO Kaap te Bredasdorp Park.
