150 Jaar van topgehaltedienslewering
George North het reeds in 1869 begin om landboutoerusting aan boere te verskaf. Vandag, 150 jaar later, kan die maatskappy wat hy begin het, getuig dat hy die toets van die tyd deurstaan het. Northmec het deur die jare van die bekendste handelsname in landboutoerusting in sy stal gekry en geniet ’n eiesoortige verhouding met sy verskaffers.
Northmec, destyds G.North & Son, is aanvanklik deur George North begin om hoofsaaklik hooi-
maaktoerusting, soos die beken- de sleepharke vir osse en perde, asook balers en sekellemsnyers, aan boere te verskaf. North se visie was om gehalteprodukte aan landbouers te voorsien. Hy wou nie die grootste maatskappy wees nie, maar wel die beste.
In 1963 is die maatskappy in Kenia geregistreer. Dit het produkte na Salisbury (nou Harare), Ontario in Kanada en New York in Amerika versprei, met die hoofkantoor steeds in Pietermaritzburg, Suid-Afrika. Die nalatenskap van G. North & Son leef vandag voort in Kenia en Engeland, met maatskappye wat spesialiseer in landboumeganisasie, melkproduksie, hospitalisasie en besproeiing. Die maatskappy se naam het in 1991 na Northmec verander.
BEKENDSTE HANDELSMERKE
In sy wildste drome sou North nie kon voorsien dat die maatskappy 150 jaar later steeds sou bestaan en een van die voorste verskaffers van landboumasjinerie in Suider- en Suid-Afrika sou wees nie. Northmec is vandag die oudste landboumaatskappy in sy soort in
Suid-Afrika en verskaf van die bekendste en mees beproefde handelsmerke aan die moderne boer. Nadat baie oorsese maatskappye aan Suid-Afrika onttrek het, is die CaseIH-produkte sedert 1989 ook deel van die groep.

NUWE RIGTING
Mnr. Mike Rose-Innes het met- tertyd die maatskappy oorgeneem en ’n nuwe rigting ingeslaan. In strategiese gebiede is die takke behou en in ander gebiede is dit aan private eienaars verkoop. Dit het die maatskappy meer vaartbelyn gemaak en die takke, wat ten volle deur die maatskappy besit word, sou in die nabye toekoms ’n beduidende rol in die vooruitgang van Northmec en die groei van markaandeel speel. Die takke is strategies gekies om hulp aan die private ondernemers te gee deur die verskaffing van onderdele en naverkoopdiens.
- North & Son voer sedert 1985 Baldan-, Jacto-, Welger-, Lely- en Sitrex-produkte in. Sedert die vroeë 1990’s word Nor- thmec as die voorste verskaffer van landboutoerusting geag. Hy is trots op die uitstekende gehalte van sy produkte en sy goeie diens aan die Suid-Afrikaanse boer.
Aan die begin van die nuwe millennium het daar ander produkte bygekom, wat die Northmec-werktuigstal aangevul het. Sodoende het die maatskappy bly groei tot die suksesverhaal wat dit vandag is. Dié produkte sluit in Storti-voermengers uit Italië, Geringhof-mielieplukkers uit Duitsland, Franco Fabril- mielie-en-sonneblomplukkers uit Argentinië en Bunnig-voermen- gers uit Brittanje.
Gaspardo het in 2017 aan boord gekom.
Northmec probeer om masjinerie in te voer wat die toets van betroubaarheid in hul lande van oorsprong deurstaan het en wat die maatskappy meen die robuus- te toestande van Suider-Afrika met groot welslae sal kan hanteer.
GROOT SUKSES
Northmec het deur die jare aan- tekeninge van alle transaksies gehou en meen hy is steeds die grootste landboumaatskappy in sy soort in Suider-Afrika. Wie sal dan ooit die grootste enkele trekker-transaksie in 2011 vergeet: 134 trekkers op een slag.
Northmec kan in enige boer se behoeftes voorsien en verskaf gehalteprodukte van reg oor die wêreld. Die maatskappy gaan soek die beste produkte en bied dit hier, in Suid Afrika, aan die
moderne boer.
Northmec probeer om masjinerie in te voer wat die toets van betroubaarheid in hul lande van oorsprong deurstaan het.
NAVRAE:
Mnr. Arno du Plessis,
e-pos: arno@northmec.co.za,
071 687 5227.