‘n Stroper vir elke taak.
Strooptyd is kinderspeletjies danksy ’n deeglik ontwerpte, ergonomiese kajuit waaruit die meeste bestuursfunksies verrig kan word.
Landbouweekblad, 3 Augustus 2018.
Die geskiedenis van Case IH se Axial Flow-enkelrotorontwerp strek oor meer as twee dekades met die eerste Axial Flow wat sedert 1977 sy staal toon. Met ’n eenvoudige, unieke ontwerp lewer dié stropers die allerbeste graan (en staantyd word tot die minimum beperk).
Danksy een van die grootste stroperreekse bied Case IH ’n stroper vir elke boer. Boonop sluit die reeks twee klas 7-modelle in waarmee die boer ’n pasgemaakte werktuig volgens sy behoefte kan opstel.
Dié reeks bied kleiner stropers en groei dan tot werklik groot masjinerie: Vanaf die klein hardwerkende buksie, die Case IH 5140 (198 kW), tot by Case IH se 9240 (467 kW), is ’n Axial Flow-stroper presies aangepas vir enige boerderygrootte.
Die Axial Flow-stelsel is ontwerp met doeltreffendheid in gedagte – vanaf die plukkerkop tot die strooiers verseker groter produktiwiteit. Daarom is dit ook geen verrassing nie dat die Axial Flow se eenvoudige dog uiters betroubare stelsel met die minimum aandryfkomponente die langste diensintervalle op die mark verteenwoordig. Die verskeidenheid plukker- en graantafels pas ook netjies by Case IH se beleid in om die grootste reeks stropers vir die moderne boer te bied.
Die Case IH Axial Flow 40reeks lewer meer krag met verbeterde brandstofverbruik, verbeter graanhanteringsgehalte en oortref verwagtinge met sy lae uitlaatgasvlakke.
SUINIG OP BRANDSTOF
Ongeag die gewas, die toestande, of die lang ure wat vereis word om te stroop, is die Axial Flow ’n werktuig om mee rekening te hou. Dié stroperreeks is bekend om die topgehalte en hoeveelhede in betreklik kort tye wat hy in plaaslike toestande stroop. As lid van die Case IH Efficient Power Family is die Axial Flow ontwerp om minder brandstof te verbruik sonder om ’n kilowatt krag prys te gee. Case IH se Axial Flow-stropers het reeds bewys hulle kan die werk doen met 10% beter brandstofverbruik as hul mededingers.
BEPERK OESVERLIESE
Die Case IH Axial Flow-stropers bied nie net ’n groter tenkhouvermoë om die tapkar langer aan die kopkant van die land te hou nie, maar die boer kan aanpassings vanuit die kajuit maak wat by die oes- en terreinomstandighede aanpas en dus potensiële oesverliese beperk.
ERGONOMIE
Strooptyd vra lang werksure, wat die Case IH Axial Flow-reeks se ergonomiese kajuituitleg onderskei van sy mededingers. Met ’n ruimer kajuit is daar nooit ongemak om gewasse vinnig en doeltreffend te oes nie.
Die Case IH MultiFunctionhandstuk is ook ontwerp om verstellings maklik en vinnig te kan maak. Funksies wat deurentyd tydens die stroopproses gebruik word, is op die handstuk aangebring en kan met die druk van ’n knoppie in werking gestel word. Die funksies kan ook vooraf geprogrammeer en op die stelsel gebêre word om nóg meer tyd te bespaar. Funksies, soos oesmeting en masjienmonitering, word op Case IH se unieke AFS Pro700-skerm aangedui.
PRODUKTIWITEIT
Met minder bewegende dele is die Case IH Axial Flow-stropers ontwerp met ’n eenvoudig dog betroubare stelsel om die kort strooptyd ten volle te benut. Die rotor se verstellings na voor en agter kan vanuit die kajuit gedoen word en is ’n funksie wat standaard op die 7240, 8240 en 9240 aangebring word. Gevolglik bly die stroper aan die loop sonder onnodige staantyd om klein verstellings te maak.
Case IH se Axial Flow-reeks is inderdaad betroubare, doeltreffende masjinerie met ’n bewese geskiedenis wat oor dekades strek.
NAVRAE: Mnr. Arno du Plessis, e-pos: arno@northmec.co.za; sel 071 687 5227.
